1 Jan, 2018 → by ClaimboUser269265
Swak diens
*SOLVED

2

Middelburg Autopage se klientediens is van die swakste wat ek nog gehad het. Hierdie is nie die eerste keer dat ek swak diens vanaf hul ontvang nie, en daarom is ek nou verplig om verder te gaan. Die dame wat aangestel is om met die publiek te werk het 'n uitsterste swak gesindheid teenoor Autopage se kliente. Dit is vir haar baie moeite om op te staan en klientediens te lewer en so doen sy ook net die minimum. My kaart is gesteel, het hom gaan laat blok, ek moes asseblief vra vir 'n ander kaart, en is vir my gegee, sal 24 uur neem om te aktiveer het sy gese. Dit is nou al 48 uur en nog steeds het ek geen gebruik van my foon nie. Ons woon nie in dorp nie, daarom het ek my diensverskaffer telkemale probeer skakel, maar geen sukses nie. NOU WAT NOU???? Ek het die volgende nommers probeer [protected] - hierdie is die nommer wat vir my gegee is op my kontrak??? en ook die Telkomlyn no in Middelburg [protected] het ek telkemale probeer, waar daar vir my 'n "remote access code" gevra word, wat ek nie weet/ken nie. 'n Nommer is vanaf Autopage vir my gesms om te kontak [protected] wat nie bestaan nie. Nadat ek verskeie kere probeer bel, het ek 'n winkel oorkant hulle gekontak om te hoor dat hulle op Saterdae NIE besigheid doen NIE. Ons kan wel Sondae hulle kontak tussen 9 en 12 uur, terwyl ons almal kerk toe gaan dan. Kontraktureel is ek verplig om elke maand stiptelik my rekening te vereffen, enige versuim daarvan sal ondmiddellike nagevolge vir my he, maar as ek my diensverskaffer nodig het, kan ek na 3 dae nog steeds geen diens kry nie. Ek verwag van Altech Autopage om terugvoering aan my te gee op hierdie saak so spoedig moontlik.
Helpfull? 0 votes

Post your comment:



Do you want to help? Probably you've just been in a similar situation, know the solution and want to help? Perhaps you are just a kind person who has advice on the merits. Please write your comment — you can do a good breed.

If you are actual Representative of Autopage you can contact the user using the comment form and help resolve the situation. The user can always mark his complaint as "resolved". Maintain your brand image, it is FREE.

Copyright © 2023 CLAIMBO.COM. All rights reserved.