7 Jul, 2021 → by ClaimboUser863099
Sharetrackin cancelation
*SOLVED

2

Ons is baie ongelukkig met sharetrackin, in 2020 Maart was Zach by ons i Potchefstroom en het aan ons verduidelik dat ons na 12 maande as ons nie gelukkig is met die produk nie kan kanselleer en al die geld wat ons betaal het sal ons terug betaal word. Ek het Januarie 2021 al begin eposse stuur dat ons nie kan aangaan nie aangesien my man se werk gesluit het en almal het hul werk verloor en ons nie verder sal kan betaal nie. Hulle het vir my 'n kansellasie vorm gestuur wat ek terug gestuur het met bewys van die aflegging van my man. Waarop hul laat weet het hul kan dit nie kanselleer nie. Net om daarna uit te vind hul het ons goed oor gestuur na CTI toe die 12 maande om was Maart 21. Al het ek 2 maande voor die tyd met hul begin reël. Ons gebruik die produk glad nie. Aan ons was verduidelik dit vat net 15min 'n dag. Waar ek heeldag moet sit om dit te doen en die beweging moet dophou. Ek werk en dit is onmoontlik om by werk dit ook te doen. Ons Gaan dit nie daar los nie. Hierdie mense het vir ons gelieg oor alles. Die geld die tyd die kontrak. Ons het hom hoeveel keer gevra is jy seker ons kan oor 12 maande kanselleer waarop hy oor en oor dit verduidelik het. Na 12 maande kan jy kanselleer en al jou geld wat jy in gesit het word terug betaal. Dit is oneties. Daar was nooit genoem dat daar 'n derde persoon betrokke is wat die finansiering doen nie.
Helpfull? 0 likes

Post your comment:



Do you want to help? Probably you've just been in a similar situation, know the solution and want to help? Perhaps you are just a kind person who has advice on the merits. Please write your comment — you can do a good breed.

If you are actual Representative of Sharetrackin you can contact the user using the comment form and help resolve the situation. The user can always mark his complaint as "resolved". Maintain your brand image, it is FREE.
Copyright © 2024 CLAIMBO.COM. All rights reserved.